BlogsOpinions

Beleggings en gerookte gordyne

    Liewe Persoon Het jy geweet as rook eers in jou gordyne ingetrek het, dan kan jy maar air freshner spuit tot die kalwers huis toe kom -dit help net mooi niks! Dit is amper so erg soos daardie berugte stofstorms van die Vrystaat wat ALLES vol sand los. Ek en die Juffrou het …

 

 

Liewe Persoon

Het jy geweet as rook eers in jou gordyne ingetrek het, dan kan jy maar air freshner spuit tot die kalwers huis toe kom -dit help net mooi niks! Dit is amper so erg soos daardie berugte stofstorms van die Vrystaat wat ALLES vol sand los. Ek en die Juffrou het altoos ‘n onderwyser gehad wat gemeen het dat ‘n nies na so ‘n stofstorm tot ‘n grondeis of forced removal kan lei.  (Ja, ek weet dit klink rof – maar daardie stofstorms is nie ‘n man se maat nie!). Maar wag, ek dwaal af….

Om terug te kom na die gerookte gordyne.

Ek onthou nog goed die dag toe ek my eerste stel waterless cookware gekoop het. Aan die een kant het dit – op ‘n vreemde manier – my arrival as ‘n domesticated adult  aangekondig, en aan die ander kant was ek tot in my wese geruk oor die prys van dié stel potte. My ma het gemeen dit is ‘n belegging…

Vandag meen ek egter dat dié belegging sommer nonsense is! Dit is ‘n mite, net soos die China-shop se one-size-fits-all

Ek het gisteraand n (redelike duur belegging) se boom pikswart verbrand. En behalwe vir die gerookte gordyne het ek ook sommer ‘n angsaanval ook gehad! Hoekom? Ek het verwag dat die bure enige oomblik die brandweer gaan bel – want die blourook het letterlik by die agterdeur uitgeborrel (en dit alles oor ‘n bietjie rys wat drooggekook het)! Ek was verder so bang dat dié eintste rokie dalk die lugweë bo Vanderbijlpark tot so ‘n mate sou besoedel dat daar terstond n boeing in ons oprit ‘n noodlanding sou moes doen.

Die kersie op dié verkoolde koek: danksy al die oop deure en vensters is die kans groot dat ek of die Juffrou eersdaags met longonsteking gaan sukkel!

Genoemde belegging staan nou vol asyn in die wasbak – ‘n boereraat van oorle’ ouma Sielie.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button