NewsNews

Liggaam naby Suikerbosrand gevind

Die liggaam van ‘n 21-jarige man is Sondag op ‘n kleinhoewe in Heidelberg, naby die Suikerbosrand-natuurreservaat, gevind. Die polisie is besig om die raaiselagtige dood van die jong man te ondersoek. Die man se liggaam is omstreeks 12:00 gevind waar dit aan ‘n kragtoring gehang het. Twee mans wat op die kleinhoewe woon het op …

Die polisie is besig om die raaiselagtige dood van die jong man te ondersoek.

Die man se liggaam is omstreeks 12:00 gevind waar dit aan ‘n kragtoring gehang het.

Twee mans wat op die kleinhoewe woon het op die liggaam afgekom.

Volgens sers. Lerato Mngomezulu is die besittings van die oorledene by hom gevind. Daar was ‘n rugsak met klere, identiteitsdokument en ook eksamen uitslae Tshwane Universiteit van Tegnologie. Sy horlosie was ook aan sy arm.

Die oorledene het kneusplekke aan sy kop gehad en beide sy hande wonde en dit was vol bloed.

Die ondersoek sal bepaal of die oorledene homself gehang het en of hy vermoor is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button