NewsNews

Hond se hele tong afgeruk uit vrees vir klappers

As DIT jou nie gaan laat ophou klappers skiet nie, dan sal niks (Inhoud nie geskik vir sensitiewe lesers nie) Isabel Vosloo, ‘n diereliefhebber en -helper van die Vredendal-gebied, sê op Facebook haar nuwe jaar het met dié afgryslike voorval begin: “‘n Histeriese honde-eienaar van Malgas het my kom wakker maak met die nuus dat …

Isabel Vosloo, ‘n diereliefhebber en -helper van die Vredendal-gebied, sê op Facebook haar nuwe jaar het met dié afgryslike voorval begin:
“‘n Histeriese honde-eienaar van Malgas het my kom wakker maak met die nuus dat sy hond, Bella, se tong af is… ek ry soontoe en kry dit… Al wat ek kan dink wat hier gebeur het (terwyl ek Vredendal toe ry na die veearts), is dat Bella, wat bang was vir die klappers, met alle mag probeer het om in die Wendy te kom terwyl die mense op pad was na die “festival”…. die deur is toegeslaan met haar tong daaronder, en in daai momentum en skrik het sy haar hele tong afgeskeur. Ja, die hele tong is afgeskeur! Sy is onmiddellik deur my veearts toe geneem in Vredendal waar Dr. Degenaar haar moes uitsit.
Hierdie is die hartverskeurendste wat ek nog gesien het.

Related Articles

Back to top button