News

Loop lig vir dié sms-veldtog

N Uiters onsensitiewe veldtog word tans gevoer deur klaarblyklik Sanral en die SAPD waarin padgebruikers met massa-sms’e gedreig word om agterstallige etol-gelde te betaal, asook dat daar strafregtelik teen hulle opgetree gaan word indien ʼn sekere polisiebeampte nie gekontak word nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.   Die sms wat glo …

N Uiters onsensitiewe veldtog word tans gevoer deur klaarblyklik Sanral en die SAPD waarin padgebruikers met massa-sms’e gedreig word om agterstallige etol-gelde te betaal, asook dat daar strafregtelik teen hulle opgetree gaan word indien ʼn sekere polisiebeampte nie gekontak word nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

 

Die sms wat glo van Sanral afkomstig is lui: “You have overdue e-toll fees and you are now in a debt collection process. Call Sanral on 0800 726 725”.

 

Die SMS wat glo van die polisie afkomstig is lui: “A case has been opened against you @ SAPS, for more info contact Captain Sithole on 0634201925.”

 

Adv. Albers sê dit is in die eerste plek uiters onsensitief om so ʼn veldtog, indien dit eg is, oor die feestyd te voer.

 

“Sanral is bewus van die komende hofsaak wat as toets gaan dien oor die geldigheid van die e-tolstelsel maar gaan steeds onverpoosd voort om sy sogenaamde kliënte te dreig.

 

“Die VF Plus sal die egtheid van die ‘polisie’-sms ondersoek, en indien dit blyk dat dit wel deur Sanral geïnisieer is, sal die party strafregtelike klagte teen Sanral indien vir ondermyning van die reg.

 

“Daar bestaan geen klousule in die Strafprosesregwet wat kennisgewings per sms van ʼn strafregtelike klag toelaat nie. Die polisie sal geen sekerheid hê dat die ‘aangeklaagde’ wel die kennisgewing (sms) ontvang het nie weens die onsekerheid of dit suksesvol gestuur is of nie.

 

“Die VF Plus wil die publiek waarsku om nie gelde in enige rekening oor te betaal bloot op grond van ʼn sms nie. Die sou te maklik wees vir misdadige elemente om op hierdie wyse liggelowige mense te bedrieg,” sê adv. Alberts.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button