NewsNews

Byna 73% van getoetsde eiers besmet

Susan Cilliers  |  Beeld Byna driekwart van die eiers wat wetenskaplikes aan die Universiteit van Pretoria (UP) ondersoek het, was met bakterieë besmet. Die bakterieë kan maagaandoenings veroorsaak. Die bevindings van die studie is in die jongste uitgawe van die South African Journal of Science gepubliseer. Proff. Alexander Jambalang, Elna Buys en Francien Botha van die …

Susan Cilliers  |  Beeld

Byna driekwart van die eiers wat wetenskaplikes aan die Universiteit van Pretoria (UP) ondersoek het, was met bakterieë besmet.

Die bakterieë kan maagaandoenings veroorsaak. Die bevindings van die studie is in die jongste uitgawe van die South African Journal of Science gepubliseer.

Proff. Alexander Jambalang, Elna Buys en Francien Botha van die UP was in beheer van die projek.

468 eiermonsters van 13 handelsname in die Tshwane-metro is getoets. 73% van die eiers was besmet. Net 128 van die monsters was nie besmet nie. Van die monsters was met meer as een soort bakterie besmet.

Salmonella, die algemeenste oorsaak van voedselvergiftiging, is op en in talle van die eiers gevind. Die bakterieë kom meestal in die dop van die eiers voor en word dikwels deur die henne se ontlasting versprei.

ʼn Klam omgewing waarin baie henne in ʼn klein ruimte aangehou en die eiers naby of teen ontlasting gebêre word, is veral bevorderlik vir die verspreiding van die bakterieë.
Bakterieë is, benewens in die doppe, ook in die eiergeel en eierwit gevind. Die bakterieë het verskeie salmonellasoorte en E. coli ingesluit.

Die feit dat salmonella in sowel die doppe as die eiergeel en eierwit gevind is, dui aan die bakterie kan moontlik deur die doppe tot in die eier versprei.

E. coli het net op sekere van die eierdoppe voorgekom. Dit beteken waarskynlik dit is oorgedra van die henne se ontlasting terwyl hulle die eiers gelê het.

Ander bakterieë is ook op die doppe en in van die eiers gevind. Sommige daarvan floreer in ʼn klam omgewing en ander, soos Klebsilia pneumoniae, word veral tussen henne oorgedra wanneer hulle in ʼn beknopte ruimte dig teen mekaar aangehou word.

Dié bakterie is gevaarlik omdat dit weerstandig teen antibiotika is. Die navorsers waarsku dat van die bakterieë makliker versprei as die eiers in ʼn omgewing met besmette ontlasting gehou word.

Higiëniese, droë toestande waar henne aangehou en eiers gelê word, is dus ʼn belangrike voorkomende maatreël.

Related Articles

Back to top button