HealthLifestyleNewsNews

Baba word met niks by ouma afgelaai

’n Jaaroue baba is met net die klere wat hy aangehad, het by sy ouma se huis afgelaai.

’n Jaaroue baba is met net die klere wat hy aangehad, het by sy ouma se huis afgelaai.

Sy ouers het verdwyn en niemand het weer van hulle gehoor nie. Omdat die baba MIV positief is, word sy identiteit beskerm deur nie die ouers of die ouma se name te noem nie. Die ouma het geen ander inkomste as net haar pensioen nie.

“Dit gaan finansieel baie swaar met hulle, en hulle het nie die nodige fondse om na die kind om te sien nie,” het Johann Smal van die Potch Pay it Forward- groep gesê.

Volgens Smal het hulle, in samewerking met die Potch Real-groep die gemeenskap van Potchefstroom gemobiliseer om die mense te kan help.

“Ons het reeds klere, kos en medisyne vir die baba na die grootouers geneem. Die mense is baie dankbaar vir alle skenkings,” het Smal gesê.

Die baba is intussen in die hospitaal opgeneem vir dubbele longontsteking. Volgens Smal is dit duidelik dat die ouers nie mooi na die kind gekyk het nie.

“Hy het baie erg verwaarloos gelyk en hy het sere aan sy gesig gehad. Ek is nie ’n kenner nie, maar dit is duidelik dat sy ouers nie na hom wil kyk nie,” het Smal gesê.

Die skenkings tot dusver is ’n korttermyn oplossing vir die familie. Die groot nood is die medisyne wat die baba nodig het omdat hy MIV positief is.

“Johan Jansen van Ryssen van Miederpark Apteek het genoeg medisyne geskenk om ’n maand te hou, maar dit gaan ook opraak. As ons iewers ’n langtermyn skenking of borg kan kry vir die medisyne, sal dit baie help,” het Smal gesê. Enige bydraes, of dit kontant of produkte is, word waardeer.

Smal kan by 082 829 4312 gekontak word vir enige bydraes en rekeningbesonderhede.

Related Articles

Back to top button