NewsNews

Uit my dagboek: Pappa se seun: My Kerswens

Beplanning vir Kersfees is in die Wetdewich huishouding reeds in volle swang. Aiden skreeu elke dag dat hy ‘sweeties’ vir Kersfees wil hê. Ook twee bokshandskoene, nie net een nie. Daar is ’n algemene joligheid in die huis, veral nadat die versierings aan die boom gesit is. Ons beplan ook reeds wat ons vir wie… …

Davey, Cornè en klein Davey Strydom by Danè in die hospitaal Foto: FACEBOOK

Davey, Cornè en klein Davey Strydom by Danè in die hospitaal Foto: FACEBOOK

Beplanning vir Kersfees is in die Wetdewich huishouding reeds in volle swang.

Aiden skreeu elke dag dat hy ‘sweeties’ vir Kersfees wil hê. Ook twee bokshandskoene, nie net een nie. Daar is ’n algemene joligheid in die huis, veral nadat die versierings aan die boom gesit is. Ons beplan ook reeds wat ons vir wie gaan koop. Daar is al ’n paar keer vir my gevra wat ek wil hê vir Kersfees. Baie dinge het in my kop ingespring, want daar is baie wat ek wil hê. So gaan ek op Facebook om te kyk of daar spesiale aanbiedinge is vir wat ek in gedagte het.

Die eerste ding wat ek raaksien is die Danè Strydom Facebookblad. Die naam beteken vir meeste mense niks nie, maar ek weet waaroor dit gaan. Danètjie, soos haar familie haar noem, is ’n 21 maande-oue dogtertjie wat al vir ses maande in die hospitaal is. Sy is vroeër vanjaar met derminale sinus gediagnoseer. In wese is dit ’n gaatjie in haar rug wat die brein ooplaat vir infeksie. In die tydperk wat sy in die hospitaal was, het haar klein lyfie dinge hanteer wat groot mans al laat huil het. Daar was ’n tydperk wat sy elke dag ’n “lumber punch” moes kry, die swelling op haar brein was al so erg dat sy in ’n semi-koma in gegaan het en steeds het die klein wonderwerk vegtertjie deur gedruk.

Dit gaan nou beter met haar, hoewel sy steeds in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Pretoria is. Daar is steeds drukking op haar brein, maar sy reageer al mooi wanneer haar pa, Davey Strydom met haar praat.
Hoekom is dit belangrik?

Davey is ’n baie goeie vriend van my. Hy het net voltyds begin boer toe sy dogtertjie siek geword het. Intussen moes hy omtrent al die vee verkoop om die toenemende mediese onkostes te betaal. Sy vrou Cornè het as eiendomsagent in Klerksdorp gewerk maar sy is nou pal langs Danétjie se sy in die hospitaal.

Nadat ek weer op Danè se Facebookblad was het ek besef wat ek regtig vir Kersfees wil hê. Ek wil net hê dat Davey se kind ten volle herstel en dat ons almal saamtrek om die familie finansieel te help deur hierdie tyd. Daar is honderde duisende rand wat nog betaal moet word. Ek pleit met almal wat hulle harte kan oopmaak vir die gesin wat my vriende is, om ’n donasie te maak.

Die rekening besonderhede is C. Strydom, Capitec (takkode 470010) spaarrekeningnommer 1304863850.
Gaan deel ook die blad Danè Strydom op Facebook.

Related Articles

Back to top button