NewsNews

Pad van vewoesting – Vaaldam Tornado (Aerial Video – Jannie du Plessis)

VAAL MARINA. – ‘n Tornado het Maandag, 11 Desember omstreeks 17:30 die gemeenskap van Vaal Marina en die informele woonbuurt van Mamello met verwoestende nagevolge getref. Sowat 50 mense is beseer en deur paramediese personeel behandel waarvan ongeveer 25 na die Sebokeng- en Kopanong-hospitale geneem is vir behandeling. Verskeie perde is ook dood nadat die …

VAAL MARINA. – ‘n Tornado het Maandag, 11 Desember omstreeks 17:30 die gemeenskap van Vaal Marina en die informele woonbuurt van Mamello met verwoestende nagevolge getref.
Sowat 50 mense is beseer en deur paramediese personeel behandel waarvan ongeveer 25 na die Sebokeng- en Kopanong-hospitale geneem is vir behandeling.
Verskeie perde is ook dood nadat die pad van verwoesting deur die stalle waarin hulle was, deur die wind verswelg is. Die skade aan geboue en infrastruktuur is in die stadium onbekend, maar gaan miljoene beloop. Vroegoggend op Dinsdag 12 Desember het die informele nedersetting van Mamello se inwoners begin om hul huisies te herbou, waarvan sommiges totaal en al verwoes is.
Groot skade is aan huise, geboue en bote aangerig. Veral die gedeelte langs die dam het erg deurgeloop.
Die tornado het oor die dam begin en aan wal gegaan by Misty Bay en Sunset Cove en toe van koers verander en deur die Vaal Marina dorpsgebied en deur die Mamello woonbuurt beweeg. Beamptes van die Midvaal munisipaliteit en noodwerkers het vroegoggend Dinsdag vergaderings gehou by die plaaslike munisipaliteit.
Verskeie inwoners word tydelik by die munisipaliteit gehuisves.
Hulp het van ver begin instroom en baie huiseienaars van beskadigde eiendom is nog nie ingelig oor die skade aan hul vakansiehuise nie.

VIDEO: JANNIE DU PLESSIS

FOTOS: JANNIE DU PLESSIS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button