NewsNews

Wees waak-saam by die OTM

Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om dié wenke hierdie Desember-vakansie in gedagte te hou wanneer jy by ‘n OTM geld trek. 1. Bedek die sleutelbord met jou hand wanneer jy jou pinnommer insleutel, selfs al sou jy alleen by die OTM wees. 2. Moet nooit hulp aanvaar of vra dat iemand jou …

Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om dié wenke hierdie Desember-vakansie in gedagte te hou wanneer jy by ‘n OTM geld trek.
1. Bedek die sleutelbord met jou hand wanneer jy jou pinnommer insleutel, selfs al sou jy alleen by die OTM wees.
2. Moet nooit hulp aanvaar of vra dat iemand jou help nie. Vra eerder  hulp in die bank.
3. Registreer vir “3D secure” ook bekend as Verified by Visa of MasterCard SecureCode voordat jy aanlyn aankope met jou bankkaart doen.
4. Wees versigtig vir kennisgewings dat jy ’n kompetisie gewen het.
5. Moenie reageer op versoeke om jou persoonlike inligting te gee nie.
6. Dra min kontant by jou.
7. Gebruik alternatiewe bankmetodes soos internet- of selfoon banking.

Related Articles

Back to top button