NewsNews

Wees bedag wanneer jou kinders swem

Dit is vakansietyd en die somer is mos hier, so wat is nou lekkerder as om te swem. Baie Suid-Afrikaanse huise het swembaddens, maar riviere, damme en die see hou ook verdrinkgevaar. Dit is belangrik dat jy as ouer bedag moet wees wanneer jou kinders in die water baljaar. Illutrasie foto Indien jou kind nie …

Illutrasie foto

Indien jou kind nie kan swem nie, maak seker hulle dra vlerkies of ‘n opblaas frokkie. Maak dan ook seker een van jou nuwejaarsvoorneme is op jou kind te neem vir swemlesse.

Volgens ER24 is daar meer kinder-verdrinkings tydens die somervakansie en moedig hulle mense aan om altyd toesig oor kinders te hou.

Leer ook jou kind dat indien hy/sy in moeilikheid beland diep in die see, moet hy/sy kalm bly, dryf en een hand uitsteek en waai tot iemand hulle sien. Dit is ook belangrik om by die see naby lewensredders te swem. Die swemarea word gewoonlik met rooi vlae gemerk – bly tussen die vlae.

Wanneer jou kind nie reageer of asemhaal nie, pas dadelik KPR toe en skakel die nooddienste.

Wees veilig die vakansie – ‘n ongeluk gebeur so vinnig!

Noodnommers vir Parys:

Parys Medix – 071 628 4509

IMR Ambulansdienste – 083 910 1011

SAPD – 056 816 2516/9

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button