NewsNews

Hou ons rivieroewer skoon

  Danksy milde reën wat die afgelope meer as ’n week in Parys geval het, is die Vaalrivier ’n gesig om te sien vir nie net inwoners nie, maar ook besoekers aan die dorp vir wie die rivier een van die dorp se grootste toeriste aantreklikhede is. Op 12 Desember was die Vaaldam 79,5% vol, …

 

Danksy milde reën wat die afgelope meer as ’n week in Parys geval het, is die Vaalrivier ’n gesig om te sien vir nie net inwoners nie, maar ook besoekers aan die dorp vir wie die rivier een van die dorp se grootste toeriste aantreklikhede is. Op 12 Desember was die Vaaldam 79,5% vol, die Sterkfonteindam 94,2% , Grootdraaidam 81,8% en Bloemhofdam 81,5%. Die reënvalsyfer vir Parys van 1-11 Desember staan nou reeds op 112mm.

Terwyl die rivier soveel besoekers na die dorp lok is daar ongelukkig ook dié morsjorse wat leë kitskosverpakkings en ander vullis oral langs die oewer en op rotse agterlaat soos hier by die hangbrug. As jy die skoonheid van die natuur geniet – maak seker jy laat nie sulke spore agter soos waarop die verbyganger moes afkom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button