NewsNews

Hou ons rivieroewer skoon

  Danksy milde reën wat die afgelope meer as ’n week in Parys geval het, is die Vaalrivier ’n gesig om te sien vir nie net inwoners nie, maar ook besoekers aan die dorp vir wie die rivier een van die dorp se grootste toeriste aantreklikhede is. Op 12 Desember was die Vaaldam 79,5% vol, …

 

Danksy milde reën wat die afgelope meer as ’n week in Parys geval het, is die Vaalrivier ’n gesig om te sien vir nie net inwoners nie, maar ook besoekers aan die dorp vir wie die rivier een van die dorp se grootste toeriste aantreklikhede is. Op 12 Desember was die Vaaldam 79,5% vol, die Sterkfonteindam 94,2% , Grootdraaidam 81,8% en Bloemhofdam 81,5%. Die reënvalsyfer vir Parys van 1-11 Desember staan nou reeds op 112mm.

Terwyl die rivier soveel besoekers na die dorp lok is daar ongelukkig ook dié morsjorse wat leë kitskosverpakkings en ander vullis oral langs die oewer en op rotse agterlaat soos hier by die hangbrug. As jy die skoonheid van die natuur geniet – maak seker jy laat nie sulke spore agter soos waarop die verbyganger moes afkom nie.

Related Articles

Back to top button