NewsNews

Sally Martin bejaardes bederf met Manuel Escorcio en Belia Lourens optrede

Sally Martin Park se bejaardes het op 30 November ’n oggendtee gehou met Manuel Escorcio en Belia Lourens as gaskunstenaars wat hul Duette-konsert in “Sy en Satyn” aangebied het. Die oggend was ’n  bederf vir die inwoners en die ideale geleentheid om die jaar op ’n  hoë noot af te sluit. Manuel Escorcio wat die …

Sally Martin Park se bejaardes het op 30 November ’n oggendtee gehou met Manuel Escorcio en Belia Lourens as gaskunstenaars wat hul Duette-konsert in “Sy en Satyn” aangebied het.
Die oggend was ’n  bederf vir die inwoners en die ideale geleentheid om die jaar op ’n  hoë noot af te sluit.
Manuel Escorcio wat die afgelope 40 jaar ’n  legende in die musiekbedryf is, het die gaste vermaak met sy spontane persoonlikheid en goue stem, terwyl Belia se lig-klassieke aanslag baie gemaklik by hom ingeskakel het.
In 2015 het dié twee meer as 60 konserte landwyd aangebied.
Inwoners het self as gasvrouens opgetree, hul eie tafels gedek en hul gaste bedien vir die oggend. Dit het gesorg vir heerlike opwinding, beplanning en geesdrif onder die inwoners, wat nie kon wag om hul spogtafels te dek en hul gaste te bederf nie.  Sommige inwoners se familie en vriende het as gaste die dag saam kom geniet.
Die gaste het weggelê aan heerlike koek en tee, terwyl geluister is na ’n  program wat beslis aanklank by al die gaste gevind het. Om die oggend meer spesiaal te maak, is pryse toegeken aan die gasvrou met die mooiste tafel, asook die gas met die oorspronklikste hoed.
Personeel en inwoners het hard gewerk om van hierdie oggend ’n sukses te maak, wat verseker nie gou deur die inwoners vergeet sal word nie.

 

 

Related Articles

Back to top button