NewsNews

Gemeenskap staan Vaal Marina by na tornado

Verskeie groepe uit die gemeenskap, insluitend die Rotary klubs en die Rooimiere, het vandag hul harte vir die stormgeteisterde mense van Vaal Marina oopgemaak Verskeie groepe uit die gemeenskap, insluitend Rotary Klubs en die Rooimiere, het vandag hul harte vir die stormgeteisterde mense van Vaal Marina oopgemaak en op verskillende maniere begin help om orde …

Verskeie groepe uit die gemeenskap, insluitend Rotary Klubs en die Rooimiere, het vandag hul harte vir die stormgeteisterde mense van Vaal Marina oopgemaak en op verskillende maniere begin help om orde in die chaos te bring.

Die Vanderbijlpark Rotary Klub is een van die organisasies wat hulp aan die dakloses by Vaal Marina verskaf. Susan Lucouw, skakelpersoon van Vanderbijlpark Rotary Klub, sê die gemeenskap het vanoggend vroeg reeds ingespring om te help met vars, skoon water, komberse, blikkies kos (enige droë voedsel), klere, handdoeke en toiletware.
Die Silverado Spur, Elpaso Spur en klein Pick & Pay is versamelpunte waarheen skenkings geneem kan word. (Tilla le Grange van Riverside Rotary het so pas 100 komberse by die Rotary Humanitarian Cenre in Johannesburg gekry!) Die goedere word geneem na die Vaal Marina Community Hall in Sailfish Road, naby die polisiestasie.

Bome is ontwortel en het op huise se dakke beland – daar is groot strukturele skade. Boumateriaal van enige aard, insluitend spykers, vensters, wasbakke en deure word dus benodig vir herstelwerk. Kettingsae en vaardige operateurs is ook dringend nodig vir opruimingswerk. Baie mense kan nog nie in hulle huise kom nie a.g.v. omgewaaide bome wat hul paaie en huise versper. Enigiemand wat fisiese hulp kan aanbied, is welkom om Vaalweekblad te SMS of WhatsApp by 083 246 0523.

Geldelike bydraes kan inbetaal word in die Rotary Klub se rekening: FNB, Takkode: 250945, Rekeningnaam: Rotary Club, Rekeningnommer:
51294203033. Die verwysing moet wees: Vaal Marina.

Foto:

Die Rooimiere en lede van Rotary Klubs was van die organisasies wat vanoggend van vroeg af in Midvaal kom help het om mense wat dakloos gelaat is deur gister se tornado, by te staan. (Foto: Eyewitness News)

Related Articles

Back to top button