NewsNews

Tiener sterf by dagoord in Carletonville

CARLETONVILLE. – ‘n 13-jarige seun is gistermiddag dood by ‘n dagoord in Carletonville. Foto: ER24 Volgens Annine Siddall, woordvoerder vir ER24, het die seun verdrink. Met paramedici se aankoms by die toneel omstreeks 14:30 het omstanders kardiopulmonêre resussitasie op die seun uitgevoer. Paramedici het oorgeneem en aangegaan om kardiopulmonêre resussitasie uit te voer, maar hulle kon …

Foto: ER24

Volgens Annine Siddall, woordvoerder vir ER24, het die seun verdrink.

Met paramedici se aankoms by die toneel omstreeks 14:30 het omstanders kardiopulmonêre resussitasie op die seun uitgevoer.

Paramedici het oorgeneem en aangegaan om kardiopulmonêre resussitasie uit te voer, maar hulle kon niks vir die seun doen nie.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Die voorval word ondersoek.

 

  • Die 10-jarige Aiden du Toit is op 29 November dood by die gewilde Zambibush Resort na hy sy kop op een van die ritte gestamp het. 

Related Articles

Back to top button