Mark bied pure Kersinkopie-plesier
Nie ’n idee wat om vanjaar onder die Kersboom te sit nie en hoe jy jou draaie sal kry met die hoë petrolprys en eendeweer? Op soek na daardie ietsie anders, dog bekostigbaar vir iemand spesiaal in jou lewe? Ontspan – jy hoef nie ver te ry of sleepvoet die winkelsentrum-marteltog aan te pak nie. …

Nie ’n idee wat om vanjaar onder die Kersboom te sit nie en hoe jy jou draaie sal kry met die hoë petrolprys en eendeweer? Op soek na daardie ietsie anders, dog bekostigbaar vir iemand spesiaal in jou lewe? Ontspan – jy hoef nie ver te ry of sleepvoet die winkelsentrum-marteltog aan te pak nie. Die Parys Kersmark begin volgende week, 14 Desember, en duur tot 23 Desember. Hier kan jy daagliks tussen oulike en unieke produkte van 65 uitstallers, insluitend ook op 16 Desember, van 09:00 tot 18:00 kom snuffel.
Die mark word vanjaar vir die agtiende jaar aangebied. Dit het oor die jare bekendheid verwerf vir die pragtige handwerkprodukte. Kom snuffel vir bekostigbare en oorspronklike, bruikbare Kersgeskenke, waaronder unieke mosaïekteëls, vinielplakkers, droë sade en vrugte, keramiek juwele, geskenke vir die manne, velle en leerprodukte, oulike sêgoed op bordjies, muurhorlosies, handgemaakte juwele, klere, sandsteen dekor, fud-ge en ingelegde produkte om net enkele te noem.
Toegang is gratis en daar is ’n teetuin.
Die mark is by Schilbachstraat 18 (Blikoortjies kleuterskool-perseel) in Parys.



