NewsNews

GPF – publiek en polisie werk saam teen misdaad

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) snoer die publiek en die polisie saam om misdaadprobleme op te los. Op 28 November is die GPF se algemene jaarvergadering gehou waar lede van die GPF-komitee gekies is. Die GPF bestaan uit ’n uitvoerende komitee met Anne-marie du Toit as voorsitter, Wynand Nel as ondervoorsitter, Dorette Nel as …

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) snoer die publiek en die polisie saam om misdaadprobleme op te los. Op 28 November is die GPF se algemene jaarvergadering gehou waar lede van die GPF-komitee gekies is.
Die GPF bestaan uit ’n uitvoerende komitee met Anne-marie du Toit as voorsitter, Wynand Nel as ondervoorsitter, Dorette Nel as sekretaresse en Theo Dunn en Ivan Kukard as addisionele lede. Ao. Jan le Roux is die Gemeenskap Polisiëring Forum offisier en sektorbevelvoerder.
Beide Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) met Pieter Kemp as spreekbuis, en We Care Radio Light Patrols met Ryno Lindeque as spreekbuis, funksioneer in vennootskap met die Parys GPF. Die publiek kan LGV se noodnommer 076 683 4544 skakel in tye van nood, of vir Wynand Nel by 082 629 1553 om by die We Care-WhatsApp-groepe aan te sluit.
Pieter Kemp het as ondervoorsitter uitgetree, nadat hy ‘n aanstelling as streekverteenwoordiger vir die Fezile Dabi streek van die Vrystaat Brandvereniging aanvaar het. Baie geluk aan Pieter. Enige lid van die publiek wat ontevrede is met dienslewering deur die polisie, word aangemoedig om dit te rapporteer by 071 478 8391.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button