NewsNews

Waterskuld nie inwoners se probleem nie

“Die departement van waterwese se dreigement om Vrystaatse munisipaliteite wat waterrrade nagenoeg R3 miljard skuld se water af te sny, is ʼn klap in die gesig van betalende inwoners,” sê Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat.   Die departement dreig tans om watertoevoer na sewe Vrystaatse munisipaliteite af te sny indien hulle nie …

“Die departement van waterwese se dreigement om Vrystaatse munisipaliteite wat waterrrade nagenoeg R3 miljard skuld se water af te sny, is ʼn klap in die gesig van betalende inwoners,” sê Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat.

 

Die departement dreig tans om watertoevoer na sewe Vrystaatse munisipaliteite af te sny indien hulle nie teen 8 Desember hulle waterrekening vereffen nie.

 

“Vuisvoos belastingbetalers in die Vrystaat swoeg reeds onder knaende watertekorte en verhoogde watertariewe as beskermingsmaatreëls in droogtegeteisterde munisipaliteite. Nie net is water ʼn grondwetlike reg nie, maar dit sal onregverdig wees as betalende inwoners geaffekteer word deur die wanbestuur van munisipaliteite, waterrade en waterverskaffers. Dit is die plig van die departement en munisipaliteite om seker te maak dat waterrekeninge vereffen word, sê die VF Plus.

 

“Tegniese probleme soos in Mangaung, waar dispute tussen die munisipaliteit en Bloemwater bestaan, is nie die probleem van betalende inwoners nie; dit is die verantwoordelikheid van die regering om seker te maak dat skuld nie eskaleer tot die punt waar daar gedreig word met waterafsnyding nie,” sê Van Niekerk.

 

Agterstallige munisipaliteite in die Vrystaat se skuld aan waterrade beloop tans:

 

Mangaung                    :           R349,227,064.00

(Bloemfontein, Botshabelo, Dewetsdorp, Mangaung, Thaba Nchu, Van Stadensrus, Wepener)

 

Kopanong                     :           R196,689,402.00

(Bethulie, Edenburg, Fauresmith, Gariep Dam, Jagersfontein, Philippolis, Reddersburg, Springfontein, Trompsburg, Waterkloof)

 

Ngwathe                       :           R83,322,099.00

(Edenville, Heilbron, Koppies, Parys, Vredefort)

 

Mafube                         :           R159,850,470.00

(Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers)

 

Maluti-a-Phofung           :           R233,925,937.00

(Harrismith, Kestell, Phuthaditjhaba)

 

Mathjabeng                   :           R1,849,226,784.00

(Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom)

 

Nala                             :           R126,954,981.00

(Bothaville, Wesselsbron)

 

TOTAAL                       :           R2,999,196,737.00

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button