NewsNews

“Ons gaan haar so baie mis “

Wanneer jy by Grannys Pies instap is dit die reuk van heerlike varsgebak wat vir enige maag ‘n hongerpyn luskry-beproewing is. Maar Maandagoggend was anders. Dit was dié bekende reuke van  souttert, koekies, beskuit en melktert wat elkeen wat so nou saam met Wilma Bezuidenhout die afgelope 5 jaar by Grannys Pies gewerk het,wat die …

Wanneer jy by Grannys Pies instap is dit die reuk van heerlike varsgebak wat vir enige maag ‘n hongerpyn luskry-beproewing is. Maar Maandagoggend was anders.

Dit was dié bekende reuke van  souttert, koekies, beskuit en melktert wat elkeen wat so nou saam met Wilma Bezuidenhout die afgelope 5 jaar by Grannys Pies gewerk het,wat die seer van onthou gebring het. Die onthou van Wilma Bezuidenhout wie se plekkie in die Grannys kombuis nou leeg is.

Wilma is Saterdagmiddag 2 Desember in die ouderdom van 44 jaar skielik in ‘n fratongeluk by haar huis in Vredefort oorlede.

Haar kollegas en kliënte sal haar onthou vir haar opgeruimde en toegewyde geaardheid waarmee sy die afgelope 5 jaar haar plek volgestaan het by Grannys Pies. Wat sy aangepak het, het sy met soveel geesdrif gedoen. Soos haar toewyding in die Grannys Pies kombuis was, so waar haar entoesiasme ook langs die viswaters en as gereelde bloedskenker.

Die begrafnisdiens vir Wilma is Vrydag 8 Desember om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Vredefort. Wilma word oorleef deur haar drie kinders, haar twee sussies en haar ma.

Ons innige medelye aan haar familie, vriende en kollegas by Grannys Pies wat haar altyd sal onthou.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button