NewsNews

Petrolprys styg tot duurste nóg

Petrol sal motoriste van Woensdag af 71 sent per liter duurder kos, en diesel se groothandelprys styg met tussen 57 sent en 60 sent. Ontleders meen dit is die duurste wat petrol nog gekos het. Motoriste sal nou aan die kus vir die eerste keer meer as R14 per liter vir petrol betaal. 95-Oktaan petrol …

Petrol sal motoriste van Woensdag af 71 sent per liter duurder kos, en diesel se groothandelprys styg met tussen 57 sent en 60 sent.

Ontleders meen dit is die duurste wat petrol nog gekos het. Motoriste sal nou aan die kus vir die eerste keer meer as R14 per liter vir petrol betaal. 95-Oktaan petrol styg tot R14,27 per liter aan die kus, en in Gauteng sal 95-oktaan jou tot R14,76 uit die sak jaag. Diesel se groothandelprys sal R12,95 in Gauteng wees en R12,56 aan die kus.

Die amptelike syfers is Maandagmiddag deur die departement van energie bekendgemaak.

Vloeibare petroleumgas gaan met R2,04 per kg verhoog word tot R22,36 per kg aan die kus, en R24, 38per kg in Gauteng.

Die gemiddelde randdollarwisselkoers het in die oorsigtydperk van R13,62 tot R14,09 verswak en daarmee saam het internasionale brandstofpryse gestyg wat tot hierdie drastiese styging gelei het.

Motoriste het laas in 2014 R14,33 vir 95-oktaan in Gauteng betaal, terwyl die hoogste prys vir 95-oktaan petrol aan die kus R13,98 in April 2014 was.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button