NewsNews

Een dood na Louwstraat aanval

Potchefstroom – ‘n Bejaarde egpaar is vanoggend (1 Desember) in Louwstraat aangeval en beroof. ‘n Bejaarde egpaar is vanoggend (1 Desember) in Louwstraat aangeval en beroof. Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was ‘n polisieman omstreeks 05:50 op pad werk toe, toe hy deur die egpaar se bure voorgekeer is. Hy het ondersoek ingestel waarna hy …

‘n Bejaarde egpaar is vanoggend (1 Desember) in Louwstraat aangeval en beroof.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was ‘n polisieman omstreeks 05:50 op pad werk toe, toe hy deur die egpaar se bure voorgekeer is. Hy het ondersoek ingestel waarna hy die egpaar in die huis gevind het.

IMR ambulansdienste het op die toneel gekom, ongelukkig het die man reeds aan sy beserings beswyk.

Volgens Leon Nell, paramedikus van IMR is die vrou wat ongeveer 69 jaar oud is in ‘n kritieke toestand na Medi-Clinic Potchefstroom vervoer vir verdere behandeling.

Die polisie het kort na die voorval die gesteelde bakkie langs die Mooibankpad aangetref. Dit blyk dat die bakkie gerol het, een man wat in bakkie was is in hegtenis geneem om ondervra te word.

“Die saak word steeds ondersoek,” het Chaka gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button