NewsNews

R59 gesluit na ongeluk twee lewens eis

Twee mense is dood en ‘n ander kritiek beseer na ‘n vragmotor met ‘n motor op die R59 buite Sasolburg gebots het. Die ongeluk het op die R59 by die DF Malan/R59 (Shell kruising) kruising plaasgevind. Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel het hulle twee vroue binne die motor gevind, terwyl ‘n …

Twee mense is dood en ‘n ander kritiek beseer na ‘n vragmotor met ‘n motor op die R59 buite Sasolburg gebots het.

Die ongeluk het op die R59 by die DF Malan/R59 (Shell kruising) kruising plaasgevind.

Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel het hulle twee vroue binne die motor gevind, terwyl ‘n ander een buite gelê het. Die twee binne die voertuig  is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die motor is op die toneel vir haar beserings behandel voor sy in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem is.

Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie.

Die R59 is na beide rigtings gesluit en ook DF Malanstraat tot na die Checkers dammetjie voor President Brandstraat. Verkeer word gestop waar President Brandstraat by DF Malanstraat aansluit om te verhoed dat verkeer na die kruising gaan. Motoriste word gevra om alternatiewe roetes te gebruik.

Related Articles

Back to top button