NewsNews

R59 gesluit na ongeluk twee lewens eis

Twee mense is dood en ‘n ander kritiek beseer na ‘n vragmotor met ‘n motor op die R59 buite Sasolburg gebots het. Die ongeluk het op die R59 by die DF Malan/R59 (Shell kruising) kruising plaasgevind. Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel het hulle twee vroue binne die motor gevind, terwyl ‘n …

Twee mense is dood en ‘n ander kritiek beseer na ‘n vragmotor met ‘n motor op die R59 buite Sasolburg gebots het.

Die ongeluk het op die R59 by die DF Malan/R59 (Shell kruising) kruising plaasgevind.

Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel het hulle twee vroue binne die motor gevind, terwyl ‘n ander een buite gelê het. Die twee binne die voertuig  is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die motor is op die toneel vir haar beserings behandel voor sy in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem is.

Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie.

Die R59 is na beide rigtings gesluit en ook DF Malanstraat tot na die Checkers dammetjie voor President Brandstraat. Verkeer word gestop waar President Brandstraat by DF Malanstraat aansluit om te verhoed dat verkeer na die kruising gaan. Motoriste word gevra om alternatiewe roetes te gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button