NewsNews

Ballerina stap weg met gesogte prys

Mizelle Terre’ Blanche van die Jackie Campher X-treme Ballet Skool in Parys, het die gesogte internasionaal erkende Mabel   Ryan-medalje vir die mees belowendste graad 5 ballet student ontvang. Om in aanmerkig te kom vir die toekenning moet die kandidaat meer as 75% behaal en onder die ouderdom van 15 jaar wees. Nege kandidate in die …

Mizelle Terre’ Blanche van die Jackie Campher X-treme Ballet Skool in Parys, het die gesogte internasionaal erkende Mabel   Ryan-medalje vir die mees belowendste graad 5 ballet student ontvang.
Om in aanmerkig te kom vir die toekenning moet die kandidaat meer as 75% behaal en onder die ouderdom van 15 jaar wees. Nege kandidate in die Noordwes/Vaaldriehoek-streek het meegeding om dié gesogte prys.
Mizelle het 89% vir haar ballet eksamen behaal.
Mabel Ryan was ’n Suid-Afrikaner wat in Engeland ballet studeer het, waar sy talle juniors afgerig en gemotiveer het.
Ná haar dood is die Mabel Ryan-toekenning geskep ter nagedagtenis aan haar. Die gesogte medalje word sedert 1994 wêreldwyd toegeken aan belowende Cecchetti Ballerinas.
Mizelle is 13 jaar oud en tans in graad 7 aan die Parys Primêre Skool.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button