Die NWU se primêre kleur is nou pers
Die Noord-Wes Universiteit (NWU) het verlede week aangekondig dat die universiteit se primêre kleur van nou af pers sal wees. Die Noord-Wes Universiteit (NWU) het verlede week aangekondig dat die universiteit se primêre kleur van nou af pers sal wees. “Die NWU Raad het tydens sy vergadering van 21 September ‘n nuwe monolitiese handelsmerkposisie en korporatiewe identiteit – as …

Die Noord-Wes Universiteit (NWU) het verlede week aangekondig dat die universiteit se primêre kleur van nou af pers sal wees.
“Die NWU Raad het tydens sy vergadering van 21 September ‘n nuwe monolitiese handelsmerkposisie en korporatiewe identiteit – as deel van die implementering van die universiteit se nuwe strategie – in beginsel goedgekeur. Die Raad het ook erken dat dit noodsaaklik is dat die nuwe handelsmerkposisioneringsproses konsultasie met belanghebbers moet insluit en betyds vir implementering in 2018 afgehandel word,” lui ‘n verklaring wat op Vrydag 24 November uitgereik is.
Volgens die verklaring is drie voorstelle vir die NWU se handelsmerk voorberei en na verdere skakeling, konsultasie en ‘n aanlyn-opname met personeel, huidige en voornemende studente, alumni en statutêre liggame van die NWU, is die besluit gemaak om pers as primêre kleur te gebruik.
“Die Raad het die Ad Hoc Komitee se aanbeveling aanvaar om die voorstel van ‘n nuwe handelsmerkposisie en korporatiewe identiteit, met pers as die primêre kleur vir die universiteit, goed te keur,” lees die verklaring.
“Alle belanghebbers word verseker dat die NWU steeds ‘n tuiste is vir almal wat hier werk en studeer, en ook vir ons alumni wie se ondersteuning vir ons belangrik is.”



