SA se Demi-Leigh Nel-Pieters kry Mej Heelal-kroon

Mej. SA, Demi-Leigh Nel-Pieters is as die nuwe Mej. Heelal gekroon tydens’n glansgeleentheid by The Axis-teater in Las Vegas, VSA. Nel-Pieters is die tweede Suid-Afrikaner om met dié titel weg te stap. Dié prestasie is in 1978 ook deur Suid-Afrika se Margaret Gardiner behaal. Laura Gonzalez van Colombië is die eerste prinses, en Davina Bennett …

Mej. SA, Demi-Leigh Nel-Pieters is as die nuwe Mej. Heelal gekroon tydens’n glansgeleentheid by The Axis-teater in Las Vegas, VSA.

Nel-Pieters is die tweede Suid-Afrikaner om met dié titel weg te stap. Dié prestasie is in 1978 ook deur Suid-Afrika se Margaret Gardiner behaal.

Laura Gonzalez van Colombië is die eerste prinses, en Davina Bennett van Jamaika die tweede prinses.

Volgens Nel-Pieters het sy reeds met voorbereidings vir die kompetisie begin toe sy as Mej. SA gekroon is. Haar nasionale kostuum vir die kroning is gemaak deur Malikah Hajee en Lloyd Kandlin van The Costume Department. Dit is geïnspireer deur SA se flora en fauna met spesifieke fokus op die protea. Anel BOtha het haar aandrok ontwerp.

Nog ‘n voormalige Mej. SA, Rolene Strauss, het in haar kroningsjaars, die titel as Mej. Wêreld ontvang.

Related Articles

Back to top button