SA se Demi-Leigh Nel-Pieters kry Mej Heelal-kroon

Mej. SA, Demi-Leigh Nel-Pieters is as die nuwe Mej. Heelal gekroon tydens’n glansgeleentheid by The Axis-teater in Las Vegas, VSA. Nel-Pieters is die tweede Suid-Afrikaner om met dié titel weg te stap. Dié prestasie is in 1978 ook deur Suid-Afrika se Margaret Gardiner behaal. Laura Gonzalez van Colombië is die eerste prinses, en Davina Bennett …

Mej. SA, Demi-Leigh Nel-Pieters is as die nuwe Mej. Heelal gekroon tydens’n glansgeleentheid by The Axis-teater in Las Vegas, VSA.

Nel-Pieters is die tweede Suid-Afrikaner om met dié titel weg te stap. Dié prestasie is in 1978 ook deur Suid-Afrika se Margaret Gardiner behaal.

Laura Gonzalez van Colombië is die eerste prinses, en Davina Bennett van Jamaika die tweede prinses.

Volgens Nel-Pieters het sy reeds met voorbereidings vir die kompetisie begin toe sy as Mej. SA gekroon is. Haar nasionale kostuum vir die kroning is gemaak deur Malikah Hajee en Lloyd Kandlin van The Costume Department. Dit is geïnspireer deur SA se flora en fauna met spesifieke fokus op die protea. Anel BOtha het haar aandrok ontwerp.

Nog ‘n voormalige Mej. SA, Rolene Strauss, het in haar kroningsjaars, die titel as Mej. Wêreld ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button