News

Chalet in brand verwoes

N Chalet by Sunwa River Lodge net buite Parys is gisteraand, 25 November, in n brand verwoes. Die brand het net na 22:00 uitgebreek. Danksy talle vrywilligers van onder meer Landelike Gemeenskap Veiligheid, omliggende bure, en lede van Potchefstroom Brandvereniging se Roepgroep 7, is die brand geblus en verhoed dat dit na die res van …

N Chalet by Sunwa River Lodge net buite Parys is gisteraand, 25 November, in n brand verwoes.

Die brand het net na 22:00 uitgebreek. Danksy talle vrywilligers van onder meer Landelike Gemeenskap Veiligheid, omliggende bure, en lede van Potchefstroom Brandvereniging se Roepgroep 7, is die brand geblus en verhoed dat dit na die res van die oord kon versprei.

Niemand is in die brand beseer nie, en dit is nie bekend wat die oorsaak van die brand was nie.

Die bestuur van Sunwa sê dankie aan elkeen wat gisteraand op die toneel hulp verleen het. Die oord is steeds oop vir besoekers.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button