Photo GalleriesSport

Groot prysgeld kan weer gewen word met Kassie Pretorius Classic

Die twaalfde Kassie Pretorius Veerpyltjie “Classic” word hierdie jaar vir die tweede agtereenvolgende jaar in Parys aangebied en vanjaar is daar prysgeld van R20 000 asook ander pryse op die spel. Pryse wat beslis nie te versmaai is nie. Anders as vorige jare sal die plaaslik en internasioneel bekende veerpyltjie-legende,  Kassie Pretorius, egter nie self …

Die twaalfde Kassie Pretorius Veerpyltjie “Classic” word hierdie jaar vir die tweede agtereenvolgende jaar in Parys aangebied en vanjaar is daar prysgeld van R20 000 asook ander pryse op die spel. Pryse wat beslis nie te versmaai is nie. Anders as vorige jare sal die plaaslik en internasioneel bekende veerpyltjie-legende,  Kassie Pretorius, egter nie self die toernooi behartig nie.  Kassie is op 30 Augustus vanjaar skielik aan’n   hartaanval oorlede.
Kassie het sy vrou, Mariaan egter 4 jaar gelede, reeds tydens ’n  Kassie Pretorius “Classic” in Stilfontein, voor almal laat belowe dat hierdie een toernooi is wat sy nooit moet laat doodloop nie. Mariaan doen haar belofte gestand.
Die Kassie Pretorius “Classic” vind plaas op 2 en 3 Desember 2017 by die Palm Court Hotel in Parys. Loting vind plaas om 08:00 en die eerste rondte begin om 09:00.
Vier lande het reeds deelname bevestig om eer aan dié groot gees in veerpyltjies te bring, en daar is wye belangstelling van regoor Afrika. Ongelukkig kon slegs 12 spanne ingeskryf word omdat die kompetisie venue net 12 spanne kan akkommodeer.
Die Kassie Pretorius “Classic” word soos Kassie  ook was, in unieke formaat gespeel waar spanne bestaande uit 6 lede kompeteer. Dit is verpligtend  vir 2 dames om no.1 en no. 2 te speel.
Belangstellendes kan gerus n draai kom maak en kom kyk hoe veerpyltjies op n georganiseerde wyse gespeel word.
Mense wat navrae het oor die veerpyltjietoernooi is baie welkom om Mariaan te skakel by  076 101 1622 of 056 817 1571.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button