NewsNews

Neem ’n eikeboom aan en help red die Eikelaan

Hoewel vele hande reeds ingegryp het om die historiese Eikelaan in Potchefstroom te red, het dié bome steeds die gemeenskap se hulp nodig om te oorleef. Twee jong eikebome is Vrydag 17 November by die President Pretorius-museum geplant, ter ere van Magriet Hefer, ’n jarelange lid van die museumpersoneel wat onlangs oorlede is. Regs op …

Twee jong eikebome is Vrydag 17 November by die President Pretorius-museum geplant, ter ere van Magriet Hefer, ’n jarelange lid van die museumpersoneel wat onlangs oorlede is. Regs op die foto is Johan Wolfaardt, vakkundige beampte by die President Pretorius-museum, besig om die boom te plant en links is Johan Visser van die parke-afdeling van die munisipaliteit. Die bome is geplant tydens die besoek van ’n groep Swede aan die museum. Die oudste eikeboom in Potchefstroom staan op die perseel van die museum. Een van dié ou bome het in 2012 omgeval en die bome is nou geplant om die ou bome te vervang. Foto: Verskaf

Hoewel vele hande reeds ingegryp het om die historiese Eikelaan in Potchefstroom te red, het dié bome steeds die gemeenskap se hulp nodig om te oorleef.

Die Eikelaan Belangegroep vra vir enige vrywilligers wat bereid sal wees om die nuut-aangeplante eikebome in die laning aan te neem en daarna om te sien.

Daar is agtien jong eikebome van die stadsraad en nog drie van die Eikelaan Belangegroep wat geplant moet word.
Lennie Gouws, voorsitter van die belangegroep, nooi mense wat bereid sal wees om om te sien na die bome, om na vore te kom.

“Ons wil graag bome wat reeds dood of uitgehaal is eerste vervang. Dus wil ons graag eienaars van eiendomme langs die Eikelaan, waar daar ’n boom ontbreek, nooi om so ’n boom aan te neem,” sê sy.

Drie van die nuwe bome gaan op die Bult geplant word en die oorblywende 18 gaan in die ander dele van die Eikelaan geplant word.

Om betrokke te raak en ’n boom aan te neem in die Eikelaan kan Lennie Gouws by 083 423 0394 geskakel word.

Related Articles

Back to top button