Man sterf ná gyrocopter val
’n Man is Dinsdag 21 November dood nadat die gyrocopter waarmee hy gevlieg het laatmiddag tussen Wolwehoek en die Parys-vliegveld op die plaas Dawidsfontein in die Parys-distrik geval het. Die gyrocopter het aan die brand geslaan. Die man is op die toneel dood verklaar deur nood mediese personeel van Parys Medix. Lede van die Vaal …
’n Man is Dinsdag 21 November dood nadat die gyrocopter waarmee hy gevlieg het laatmiddag tussen Wolwehoek en die Parys-vliegveld op die plaas Dawidsfontein in die Parys-distrik geval het.
Die gyrocopter het aan die brand geslaan. Die man is op die toneel dood verklaar deur nood mediese personeel van Parys Medix.
Lede van die Vaal Eden Brandvereniging, boere van die omgewing en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) het gehelp om die brand te blus en die toneel te beveilig.
Burgerlugvaart het vanoggend hul ondersoek op die toneel gedoen, en is die polisie ook besig met hul ondersoek.
Dit is nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



