Só sal toeskouers na blommeskouspel kan kyk
Daar is vandag begin om staalpaviljoene langs die hoofstraat van Parys aan te bring vir die toeskouers wat die naweek in die dorp verwag word vir die tweede Free State Madeira Flower Festival wat gehou word op 24 en 25 November. Mense sal op die paviljoene kan sit om die optog te sien wat om …

Daar is vandag begin om staalpaviljoene langs die hoofstraat van Parys aan te bring vir die toeskouers wat die naweek in die dorp verwag word vir die tweede Free State Madeira Flower Festival wat gehou word op 24 en 25 November. Mense sal op die paviljoene kan sit om die optog te sien wat om 14:15 vanaf die kruising van Water-en Venusstraat al langs Breëstraat sal beweeg tot by die kruising van Breë- en St Janstraat. Die optog sal na verwagting ‘n uur duur. Vyf vlotte wat die onderskeie toerismeroetes in die Vrystaat uitbeeld met duisende blomme en dansers wat die vlotte sal vergesel, sal saam met die optog beweeg. Die blommefees sal ook deur die Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, en die Madeira president, bygewoon word.



