BlogsOpinions

Deadlines is baie soos spandex

    Liewe Persoon   Jy weet; daai rekkerige materiaal waarvan baaikostuums en gym-klere gemaak word…  Dink ‘n bietjie daaroor: klim jy nou na die winter in jou swart figuur-vleiende baaikostuum (ja, die een met die lae rug en die valletjies om die heupe) en kyk wat kan daai stukkie spandex alles bymekaarhou! Sommer so …

 

 

Liewe Persoon

 

Jy weet; daai rekkerige materiaal waarvan baaikostuums en gym-klere gemaak word…  Dink ‘n bietjie daaroor: klim jy nou na die winter in jou swart figuur-vleiende baaikostuum (ja, die een met die lae rug en die valletjies om die heupe) en kyk wat kan daai stukkie spandex alles bymekaarhou! Sommer so met eenslag omvou dié stukkie wonderlap drie maande se comfort eating en twee mislukte banting diëte.  En vir ‘n wyle is die wêreld ‘n beter plek… tot jy jouself op ‘n foto sien en terstond (weer) ophou eet.

Nou in die korporatiewe oerwoud sal jy ver moet soek om ‘n Jane SONDER ‘n spandex-pakkie propvol deadlines te vind. Ons verkies spandex, want jy kan letterlik net aanhou inprop – die een deadline op die ander. Almal weet mos (van die huisvrou, tot die student op varsity, tot die uitvoerende beampte van ‘n multi-miljoen rand maatskappy) dat ons eintlik ons beste werk lewer net so ‘n uur voor die tyd uithardloop. Dis in hierdie benoude minute voor die spreekwoordelike klok slaan dat ons soos Superwoman van ouds die dag red met ʼn perfekte souflé, ʼn uithaler opstel of ʼn knock-out Excel spreadsheet.

Die enigste nadeel van hierdie spandex-pakkie, soos met die berugte swart baaikostuum, is dat maande se inprop en vasdruk nogal vir ʼn verrekte affére kan sorg. En dan tref dit jou skielik op ʼn dag: my spandex-pakkie hang al ver oor my kniekoppe… en pleks daarvan dat dit vashou en vasklou is dit nou net ʼn ekstra stuk baggasie wat saamgesleep moet word. Dit is dan wanneer dinge regtig dreig om te lol. Die telefoon wil nie ophou lui nie, die kinders sukkel al weer met loopneuse en die dosent wil net nie verstaan nie…

Eers dan, in retrospeksie kom die besef dat spandex nie die antwoord is nie. Altans nie op die langtermyn nie. Ek sien al die koerantopskrifte in my kop: “Deadline-killer strikes again!” of nog meer dramaties: “Deadline denail drives Jane down” Nee!

Ek sal beter moet beplan. Lysies maak. Vroeg opstaan.

“Jy eet ʼn olifant stukkie vir stukkie” meen my vriendin – en ek kan nie anders as om saam te stem nie. En anyway, ek wil nie by wees as daai olifant se spandex-pakkie se naat skeur nie…

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button