NewsNews

Polisie trek meer as 40 vas oor dwelms

Meer as 40 verdagtes is oor ’n periode van ’n week in verband met dwelms deur die polisie in Potchefstroom vasgetrek. Meer as 40 verdagtes is oor ’n periode van ’n week in verband met dwelms deur die polisie in Potchefstroom vasgetrek. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is die meeste mense op die Bult en …

Meer as 40 verdagtes is oor ’n periode van ’n week in verband met dwelms deur die polisie in Potchefstroom vasgetrek.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is die meeste mense op die Bult en in die sakekern van die stad vasgetrek.
Behalwe dagga, is daar veral ook CAT en tik in mense se besit gevind.


“Dwelmverwante misdaad hou baie verband met ander misdade. Mense steel, roof en moor om geld te kry om dwelms te koop.
“Ons kan baie ander misdade aanspreek deur dwelmverwante misdaad te probeer uitroei,” het hy gesê.
Dwelms is al ’n geruime tyd ’n probleem in die stad en die Herald het in 2014 ’n reeks artikels gedoen wat op die erns van die kwessie gefokus het.
Volgens Chaka is die polisie besig om hulle beste te doen om misdaad te voorkom.
“Ons het ’n beleid van geen verdraagsaamheid wanneer dit by misdaad kom,” het Chaka gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button