Polisie vra vir inligting na vrou se dood

Vrae het ontstaan nadat ’n 35-jarige vrou Vrydagmiddag in die Potchefstroom-hospitaal dood is. Illustration photo Vrae het ontstaan nadat ’n 35-jarige vrou Vrydagmiddag in die Potchefstroom-hospitaal dood is. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die vrou Donderdagmiddag, 9 November omstreeks 14:00 by die hospitaal aangekom. “Sy het ’n groot snywond agter aan haar kop gehad,” …

police,saps

Illustration photo

Vrae het ontstaan nadat ’n 35-jarige vrou Vrydagmiddag in die Potchefstroom-hospitaal dood is.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die vrou Donderdagmiddag, 9 November omstreeks 14:00 by die hospitaal aangekom.


“Sy het ’n groot snywond agter aan haar kop gehad,” het Chaka gesê.
Maria Molefe (35) is die volgende dag omstreeks 16:00 oorlede, glo weens haar beserings.
“Dit is nog onbekend wat die wond aan haar kop veroorsaak het.
Enige iemand wat inligting het rondom die voorval, kan die polisie by (018) 299 7477 kontak,” het Chaka gesê.
Volgens hom is ’n geregtelike doodsondersoek geloods.

Related Articles

Back to top button