Polisie vra vir inligting na vrou se dood

Vrae het ontstaan nadat ’n 35-jarige vrou Vrydagmiddag in die Potchefstroom-hospitaal dood is. Illustration photo Vrae het ontstaan nadat ’n 35-jarige vrou Vrydagmiddag in die Potchefstroom-hospitaal dood is. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die vrou Donderdagmiddag, 9 November omstreeks 14:00 by die hospitaal aangekom. “Sy het ’n groot snywond agter aan haar kop gehad,” …

police,saps

Illustration photo

Vrae het ontstaan nadat ’n 35-jarige vrou Vrydagmiddag in die Potchefstroom-hospitaal dood is.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die vrou Donderdagmiddag, 9 November omstreeks 14:00 by die hospitaal aangekom.


“Sy het ’n groot snywond agter aan haar kop gehad,” het Chaka gesê.
Maria Molefe (35) is die volgende dag omstreeks 16:00 oorlede, glo weens haar beserings.
“Dit is nog onbekend wat die wond aan haar kop veroorsaak het.
Enige iemand wat inligting het rondom die voorval, kan die polisie by (018) 299 7477 kontak,” het Chaka gesê.
Volgens hom is ’n geregtelike doodsondersoek geloods.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button