Photo GalleriesSport

O’Donoghue’s se spanne bly voor

Magdel O’Donoghue se Premier-liga span bly die voorloper in die Noordwes-liga. Die span het Potchefstroom Buiteklub (PCC) Saterdag met 91-62 geklop en ’n  verdere 7 ligapunte ingesamel om voor die laaste ronde ’n  agt punt voorsprong te hê. Parys het 32 punte, met twee spanne op 24 punte naamlik Klerksdorp en Strathvaal. Parys speel Saterdag …

Magdel O’Donoghue se Premier-liga span bly die voorloper in die Noordwes-liga. Die span het Potchefstroom Buiteklub (PCC) Saterdag met 91-62 geklop en ’n  verdere 7 ligapunte ingesamel om voor die laaste ronde ’n  agt punt voorsprong te hê. Parys het 32 punte, met twee spanne op 24 punte naamlik Klerksdorp en Strathvaal.
Parys speel Saterdag by die Klerksdorp-rolbalklub teen Strathvaal, en die tuisspan pak Potchefstroom Dorp se vroue.
In die mans Eerste liga loop John O’Donoghue se span met agt punte voor in Seksie 2.
Parys se mansspan in die Premier-liga het na ’n  uitstekende begin in die liga ernstig stoom verloor en is met 29 punte in die derde plek na hulle vasgeval het teen Klerksdorp 1 (65-78).
Potch Dorp is net 3 punte agter die ligavoorloper Strathvaal.
In Saterdag se wedstryde, ook by Klerksdorp wag daar ‘n paar rillers: Parys sal verlore aansien probeer terug kry in hulle wedstyde teen Strathvaal, en die enkelspel tussen Strathvaal se Ferdi Jansen en Parys se Rudi Jacobs behoort uitstekend te wees.
Die ligastryd tussen Potch Dorp en Klerksdorp 1 sal ook rolbal van hoë gehalte oplewer met Potch Dorp wat alles sal uithaal om verby Strathvaal op die punteleer te skuif. Hier is ook ‘n enkelspelwedstryd wat baie aandag gaan trek wanner Klerksdorp se Tinus Crous ‘n tweede Protea op sy kerfstok sal wil kry wanner hy teen Potch Dorp se Pierre Breitenbach te staan kom. Crous het verlede week klaargespeel met Parys se Protea Rudi Jacobs (24-7)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button