NewsNews

Só sal motorwagte vrywilligers en polisie help om misdaad vas te vat

Lede van die We Care vrywilliger groep het vanoggend radio’s oorhandig aan van die motorwagte in Parys danksy ‘n skenking van die plaaslike Rotaryklub. Die plasing van die radio’s by die motorwagte vir Desember is ‘n proeflopie om te kyk of daar met behulp van hierdie ekstra oë en ore in die dorp bygedra kan …

Lede van die We Care vrywilliger groep het vanoggend radio’s oorhandig aan van die motorwagte in Parys danksy ‘n skenking van die plaaslike Rotaryklub. Die plasing van die radio’s by die motorwagte vir Desember is ‘n proeflopie om te kyk of daar met behulp van hierdie ekstra oë en ore in die dorp bygedra kan word om misdaad in die dorp te bekamp veral oor die Feestyd wanneer misdaadsyfers tradisioneel styg. Op die foto is van die sekuriteitsmaatskappye, We Care vrywilligers en motorwagte wat by was met die oorhandiging. Die verteenwoordiger van Parys Sekuriteit en Parys Rotaryklub was afwesig met die neem van die foto.

Related Articles

Back to top button