NewsNews

Olienhout-skietdae: Juniors ook welkom

Juniors se betrokkenheid by die SA Jag en Wildvereniging (SAJWV) Olienhout-tak Parys Juniors sal in die toekoms selfs nog meer betrek word by die SA Jag en Wildvereniging (SAJWV) Olienhout-tak in Parys wat onlangs hier gestig is. Daar kan deelgeneem word aan skietdae en skiet-aktiwiteite in en om Parys. Sodoende word die geleentheid gebied om …

Juniors se betrokkenheid by die SA Jag en Wildvereniging (SAJWV) Olienhout-tak Parys
Juniors sal in die toekoms selfs nog meer betrek word by die SA Jag en Wildvereniging (SAJWV) Olienhout-tak in Parys wat onlangs hier gestig is. Daar kan deelgeneem word aan skietdae en skiet-aktiwiteite in en om Parys. Sodoende word die geleentheid gebied om ook meer te leer van natuurbewaring, jag, die gebruik van vuurwapens en waardering van die buitelewe.
Op 11 November is ‘n lang geweer skietdag gehou net buite Parys by die vliegveld waar sowat 10 kinders deelgeneem het en elkeen ‘n bywoningsertifikaat ontvang het.
Dit is van kardinale belang dat volwassenes asook kinders leer om vuurwapens veilig te kan gebruik.
Die publiek word daarom vriendelik genooi om al die tak se skietdae en skiet aktiwiteite by te woon. Let wel hierdie skiet aktwiteite is nie net vir mans en seuns bedoel nie. Die dames en dogters van Parys is meer as welkom om te kom deel in die pret, en om by die tak aan te sluit.
Hou die Gazette dop vir meer besonderhede.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button