NewsNews

Jong man verdrink byna by dorpswembad

Potchefstroom – ‘n Jong man is gelukkig om te lewe nadat hy gistermiddag (9 November) omstreeks 13:00 byna by die dorpswembad verdrink het. ‘n Jong man is gelukkig om te lewe nadat hy gistermiddag (9 November) omstreeks 13:00 byna by die dorpswembad verdrink het. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op die toneel …

‘n Jong man is gelukkig om te lewe nadat hy gistermiddag (9 November) omstreeks 13:00 byna by die dorpswembad verdrink het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op die toneel gekom waar hulle die man wat vermoedelik in sy 20’s is, gevind het. Die swembad se lewensredders was reeds besig om KPR toe te pas.

ER24 het oorgeneem en stabiliseer waarna hy in ‘n kritieke toestand na Potchefstroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Meiring is die man glo deur die lewensredders gesien waar hy in die swembad gedryf het. Hulle het hom dadelik uit die water gehaal en KPR toegepas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button