Hoekom net so gelos?

Sondag 5 November het my lewe tot stilstand gekom toe my kind raak gery en op my sypaadjie vir my gelos is. Daardie lyfie was 3 jaar oud. Hy was my kind. Hy het ook elke dag sy kossies gekry en saans is hy in sy bedjie nag gesê. Ek is ontsaglik baie lief vir …

Sondag 5 November het my lewe tot stilstand gekom toe my kind raak gery en op my sypaadjie vir my gelos is.
Daardie lyfie was 3 jaar oud. Hy was my kind. Hy het ook elke dag sy kossies gekry en saans is hy in sy bedjie nag gesê.
Ek is ontsaglik baie lief vir hom. Sy naam is Turbo. Het jy dalk kom klop, kon ek hom betyds by ’n  veaarts gekry het. Teen dié tyd dat ek sy lyfie gekry en veaarts toe gejaag het, was dit té laat.
Ek het my kind vasgehou en gewonder hoe mens so gemeen kan wees dat jy hom as vuilgoed op die sypaadjie gesit het. Ek hoop jy het slapelose nagte, want ek het.
My hartseer word elke dag groter, want ek weet nie wat het in die laaste oomblikke van sy kort lewetjie gebeur nie.Ek voel ek het hom gefaal.
Turbo ek sal jou altyd lief hê en jy sal elke dag in my gedagtes wees. Dankie vir al die liefde wat jy aan my terug betoon het en al die wonderlike tye saam met jou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button