NewsNews

Sentrum-inwoners maak ’n verskil vir skool se leerlinge

Die vreugde om ’n  netjiese badkamer te kan gebruik by die skool, is vir baie dalk vanselfsprekend. Tog is daar ook hulle wat selfs nie eens by hul huise die luukse van ’n netjiese badkamer met spoeltoilette en wasbakke ken nie. Dit is juis hier waar inwoners en personeel van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in …

Die vreugde om ’n  netjiese badkamer te kan gebruik by die skool, is vir baie dalk vanselfsprekend. Tog is daar ook hulle wat selfs nie eens by hul huise die luukse van ’n netjiese badkamer met spoeltoilette en wasbakke ken nie. Dit is juis hier waar inwoners en personeel van Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys ’n verskil gemaak het saam met Dominique Olckers, ’n student in maatskaplike werk wat haar internskap hier by die sentrum gedoen het.
Dit was haar gedagte om met die Thu-   sanang Helpmekaar-projek uit te reik na die Chris van Niekerk skool in Vredefort. Nie net het hierdie gebaar ’n  groot verskil vir die leerlinge van dié skool gemaak waar opknappingswerk aan die badkamers baie nodig was nie, maar het dit ook ’n  gevoel van selfwaarde vir die inwoners gegee wat self ook deel kon wees van die projek en die vreugde wat dit gebring het.
Armpies het spontaan drukkies uitgedeel vir Dominique, die inwoners en personeel toe die badkamers amptelik geopen is. In die badkamers was dit net glimlaggende gesigte in die pragtige mo-     saïekspieëls toe die kinders vir die eerste keer die netjiese handewerk kon sien.
Baie dankie aan elke borg en bereidwillige hande wat gehelp het om hierdie projek te kon doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button