NewsNews

Jy kan ʼn verskil maak met jou bloed

Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik ’n baie moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD), wie se doel dit is om genoeg, veilige bloed aan pasiënte in Suid-Afrika te voorsien, met jou hulp. SANBD het tans minder as 2 dae bloedvoorraad beskikbaar. Daarom word ʼn beroep op alle skenkers gedoen wat nie in …

Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik ’n baie moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD), wie se doel dit is om genoeg, veilige bloed aan pasiënte in Suid-Afrika te voorsien, met jou hulp.
SANBD het tans minder as 2 dae bloedvoorraad beskikbaar. Daarom word ʼn beroep op alle skenkers gedoen wat nie in die afgelope paar maande bloed geskenk het nie, om asseblief te kom bloed skenk, aangesien bloedvoorraad krisisvlakke nader.
Die doel is om 5 dae se voorraad te handhaaf deur 3 000 eenhede daagliks in te samel om aan die vereistes te voldoen.
Die minimum vereistes om ʼn bloedskenker te wees, is:
•Jy moet tussen die ouderdom van 16-65 jaar wees.
•Meer as 50kg weeg
•Goeie gesondheid geniet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl leef.
Die SANBD bedank elkeen wat gereeld bloed skenk en wat gedurende 2017 getrou bygedra het. “Ons wens u seën en vrede toe vir hierdie Feesseisoen en voorspoed vir 2018.” Onthou ook die Feesseisoen verrassing vir elke bloedskenker.
Parysenaars kan bloed skenk op Dinsdag 14 November vanaf 13:00 tot19:00 by die Hervormde kerksaal h/v Loop- en Paulsenstraat. Met een skenking kan tot 3 lewens gered word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button