Speel-speel leer hulle

Die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling word al hoe meer besef en die uitdagings daarmee saam is groot. Ongelukkig is dit so dat baie kleuters nie die geleentheid het om in hulle vroeë lewensjare gestimuleer te word en kleuterskole by te woon nie. Wanneer die regte persone egter bymekaar kom, gebeur daar iets. Speel is die …

Die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling word al hoe meer besef en die uitdagings daarmee saam is groot.
Ongelukkig is dit so dat baie kleuters nie die geleentheid het om in hulle vroeë lewensjare gestimuleer te word en kleuterskole by te woon nie. Wanneer die regte persone egter bymekaar kom, gebeur daar iets. Speel is die hoof komponent van stimulasie en deur middel van speelgroepe, kan kinders reeds van vroeg af gestimuleer word.
Só het daar mense van verskillende agtergronde en instansies bymekaar gekom om n positiewe verskil aan ongeveer 50 kleuters se lewens te maak.
Innoverende dames van die NG Parys-Wes gemeente het in Parys met die inisiatief begin en saam met Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Parys  en Tshehang Development & Training, is planne beraam om opleiding aan vyf werklose jong meisies te bied. Hierdie meisies het onder leiding van Jean Motaung, besturende direkteur van Tshehang Development & Training, gekwalifiseer as speelgroep fassiliteerders. Die speelgroepe gaan reeds gedurende November funksioneer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button