DBV kry welkome hupstoot
Die plaaslike DBV-tak het ’n groot en baie nodige geldelike hupstoot die afgelope week ontvang met die oorhandiging van ’n R35 000 skenking. Dit was die opbrengs van ’n volblad Veeplaas advertensie wat opgeveil is tydens die gala-dinee van die Alfa-fees wat in September in Parys gehou is. Die Sernick-groep het die advertensie spasie op …
Die plaaslike DBV-tak het ’n groot en baie nodige geldelike hupstoot die afgelope week ontvang met die oorhandiging van ’n R35 000 skenking. Dit was die opbrengs van ’n volblad Veeplaas advertensie wat opgeveil is tydens die gala-dinee van die Alfa-fees wat in September in Parys gehou is. Die Sernick-groep het die advertensie spasie op die veiling gekoop. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep het die bod opgejaag om uiteindelik die opbrengs van R35 000 aan die DBV te kon skenk – 50% meer as die markwaarde van die advertensie. Op die foto is Amelia van Zyl (fondsinsamelaar van die plaaslike DBV-tak) saam met Telanie Strydom (Alfa fees) en Phillip Oosthuizen, Sernick Hoof van Navorsing en Ekonomie.