NewsNews

Man betrap wat agt maande oue hond verkrag

‘n 45-Jarige man wat op heterdaad betrap is terwyl hy ‘n agt maande oue hond verkrag, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Fanroi Mochachi het vroeër vandeesmaand in die streekhof in Alexdra verskyn en is skuldig aan bestialiteit bevind. Die voorval is by die Sandton Dierebeskermingsvereniging aangemeld en die tefie, Blackie, is van die perseel …

Fanroi Mochachi het vroeër vandeesmaand in die streekhof in Alexdra verskyn en is skuldig aan bestialiteit bevind.

Die voorval is by die Sandton Dierebeskermingsvereniging aangemeld en die tefie, Blackie, is van die perseel verwyder en nou in die veilige sorg van die Sandton DBV. Sy is ook deur ‘n onafhanklike veeart ondersoek.

Die DBV het egter die vonnis verwelkom. “Ons wil graag strawwer vonisse sien in verband met seksuele oortredinge op diere, wat nes kinders heeltemal hulpeloos is om sulke geweldadige aanvalle op hulle te keer,” sê Jaco Pieterse, hoofbestuurder van die DBV.

Landdros Syta Pretorius het die voorval as ernstig, onnatuurlik en barbaars bestempel. Sy het ook aan Mochachi gesê dit is erg omdat hy ‘n rolmodel vir sy ses kinders moet wees en dit is onstellend want hy sou verwag dat sy vrou nog seksueel met hom moes verkeer.

Miranda Jordan, direkteur van Woamn and Men Against Child Abuse (WMACA), stem saam dat seksoortreders, ongeag die tipe misdaad, dopgehou moet word. Sy sê ook dit ‘n feit dat bestialiteit net ‘n stap nader is aan seksoortredings waar die slagoffers ander kwasbares, soos kinders en vroue is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button