NewsNews

35 Hektaar grond gaan vir Sicelo-inwoners gekoop word

Na inwoners van Sicelo vir weke die R59-snelweg ontwrig het, het hulle die goeie nuus ontvang dat die regering hard aan die werk is om 35 hektaar gerond te bekom. Hulle is glo besig met onderhandelinge met nabygeleë grondeienaars, maar daar is egter ‘n vertraging omdat die prys bietjie hoog is. Paul Mashatile, LUR vir …

Paul Mashatile, LUR vir Koöperatiewe Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings het saam met Midvaal burgemeester, DA-raadslid Bongani Baloyi inwoners van Sicelo van die verwikkelinge gaan inlig. Die 35 hektaar grond is geleë rondom die twee hektaar wat reeds deur die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit bekom is.
Luidens die persverklaring het Mashatile en Baloyi ingestem dat die regering en die gemeenskapsleiers solank na kwessies soos die uitleg moet kyk om sodoende grondgebruik te maksimaliseer, wat dan die aantal erwe en huise sal insluit asook ander geriewe soos skole en klinieke.
Mashatile het verder gesê dat die onvoltooide ontwikkeling in uitbreiding 5 in Sicelo, bekend as Nkandla, sal in die volgende paar weke weer begin. Verder sal die regering ook die administrasie vir begunstigdes uitsorteer sodat die mense wat dit verdien baat kan vind by die erwe en huise.
Baloyi het op sy beurt gesê dat daar vordering gemaak word met betrekking tot die uitdagings wat inwoners van Sicelo in die gesig staar, hoewel daar plek vir verbetering was. “Ons het gewys dat ons bereid is om saam met die gemeenskap te werk om hul omstandighede te verbeter. “
Sam Mokoena van die gemeenskapsorganisasie, The Transformative Youth Movement, het gesê hulle is verlig en opgewonde oor die vordering wat gemaak word, maar hy kan nie waarborg dat daar nie ‘n geweldadige optog gaan wees indien die beloftes nie nagekom word nie.

Related Articles

Back to top button