NewsNews

Verskeie optredes teen Plaasmoorde in Potch #SwartMaandag

Daar word verskeie optredes in Potchefstroom vir vandag (30 Oktober) teen plaasmoorde beplan. FOTO: Hennie Weideman/FACEBOOK Daar word verskeie optredes in Potchefstroom vir vandag (30 Oktober) teen plaasmoorde beplan. Daar was reeds vanoggend om 06:30 naby die Abraham Kriel Kinderhuis waar mense saamgekom het om te bid. ‘n Bidbyeenkoms naby die JOOL vind van 10:00 – 12:00 plaas. …

FOTO: Hennie Weideman/FACEBOOK

Daar word verskeie optredes in Potchefstroom vir vandag (30 Oktober) teen plaasmoorde beplan.

Daar was reeds vanoggend om 06:30 naby die Abraham Kriel Kinderhuis waar mense saamgekom het om te bid.

‘n Bidbyeenkoms naby die JOOL vind van 10:00 – 12:00 plaas.

Boere in die area is genooi om tussen 13:00 en 14:00 by Hebron op die Vereenigingpad bymekaar te kom om te bid.

Motorfietsryers beplan om van 15:30 af by die Trimpark bymekaar te kom waarna hulle 16:00 ‘n bepaalde roete deur die dorp gaan ry. Die motorfietsryers sal begelei word deur ‘n voertuig.

Nog ‘n bid byeenkoms is beplan naby Oewersig vanaf 17:00 vanmiddag

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button