NewsNews

Só wil GPF help met motorwagte

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) loods ’n  projek waar karwagte in die dorp wat by die Private Security Industry Regulating Authority (PSIRA) geregistreer is, ondersteun word. Die GPF besef die frustrasies van die gemeenskap met ongeregistreerde karwagte en wil graag geregistreerde karwagte help om ’n inkomste te kan verdien. Daarom word karwagte genooi om …

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) loods ’n  projek waar karwagte in die dorp wat by die Private Security Industry Regulating Authority (PSIRA) geregistreer is, ondersteun word.
Die GPF besef die frustrasies van die gemeenskap met ongeregistreerde karwagte en wil graag geregistreerde karwagte help om ’n inkomste te kan verdien. Daarom word karwagte genooi om die Parys-polisiestasie te besoek waar gevra kan word vir ao. Jan le Roux, om hulself te laat verifieer as hulle ’n skoon misdaadrekord het.
Die GPF sal dan ’n  kaartjie met ‘n foto en besonderhede aan die karwagte beskikbaar stel, om aan te toon watter karwagte deur die GPF ondersteun word.
Individue wat hulself as karwagte voordoen, is veral oor naweke in die hoofstraat van Parys ’n  kopseer, maar die probleem word vererger deur die publiek wat aan ongeregistreerde karwagte ’n fooitjie gee.
Sodra die projek afskop, sal die publiek maklik geregistreerde karwagte en karwagte wat deur die GPF ondersteun word, kan uitken en versoek word om spesifiek slegs daardie karwagte te ondersteun. Binnekort sal plakkers ook beskikbaar wees vir besighede om aan te koop, en om byvoorbeeld in hul winkelvensters aan te bring, waardeur onder meer toeriste aangemoedig word om ook die projek te ondersteun.
Die GPF sal die gemeenskap op hoogte hou soos wat die projek vorder. Die idee is dat hierdie kaarte wat aan karwagte voorsien word, gereeld opdateer moet word. Individue wat hulself as karwagte voordoen, kan ‘n boete opgelê word deur die outoriteit genaamd PSIRA, waardeur die privaat sekuriteitsektor gereguleer word. Só ’n boete kan tot R10 000 beloop.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button