NewsNews

Jong pa sterf tragies op pad werk toe

Die begrafnisdiens van die 36-jarige Mike Calitz van Parys, wat Dinsdag in ’n motorfietsongeluk net buite Fochville gesterf het, sal Maandagmiddag om 14:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk h/v Sewende en Kraalkopstraat, Fochville gehou word. Mike was Dinsdagoggend oppad werk toe, toe sy motorfiets met ’n  vragmotor op die R500 net sowat 4km buite Fochville …

Die begrafnisdiens van die 36-jarige Mike Calitz van Parys, wat Dinsdag in ’n motorfietsongeluk net buite Fochville gesterf het, sal Maandagmiddag om 14:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk h/v Sewende en Kraalkopstraat, Fochville gehou word.
Mike was Dinsdagoggend oppad werk toe, toe sy motorfiets met ’n  vragmotor op die R500 net sowat 4km buite Fochville gebots het. Hy is op die toneel oorlede.
Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie.
Mike was werksaam by Improthem in Fochville. Hoewel hy baie lief was vir motorfietsry, het hy nie gewoonlik met die motorfiets werk toe gery nie, het sy vrou, Melinda, gesê. Sy motor was in vir ’n diens en daarom het hy die oggend besluit om met die motorfiets te ry.
Hy was ook ’n  kranige hengelaar.
Die egpaar het so amper ’n  jaar gelede van Fochville na Parys verhuis.
Mike word naas Melinda en Mia (10) ook oorleef deur sy ouers wat in Ivongo gevestig is, en twee broers van Welkom en Klerksdorp onderskeidelik.
“Rus in vrede Mike. Ons verstaan nie altyd nie, maar ons gaan jou so baie mis en sal altyd lief wees vir jou,”
*,Ons innige medelye met Melinda, Mia en die familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button