NewsNews

R59: DA- en ANC-beloftes ontplof in gemeenskap se gesig, sê VF+

Die maandelange betogings om owerhede te dwing om die R59-provinsiale pad in Midvaal te beveilig, het niks gehelp nie, sê raadslid Kobus Hoffman VF+ raadslid KObus Hoffman   Die maandelange betogings om owerhede te dwing om die R59-provinsiale pad in Midvaal te beveilig, het niks gehelp nie, sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid in Sedibeng (Midvaal), …

VF+ raadslid KObus Hoffman

 

Die maandelange betogings om owerhede te dwing om die R59-provinsiale pad in Midvaal te beveilig, het niks gehelp nie, sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid in Sedibeng (Midvaal), Gauteng.

Hoffman sê ʼn versoekskrif in dié verband, wat deur bykans ʼn duisend mense onderteken is, is aan die Midvaal-munisipaliteit sowel aan Paul Mashatile, Gautengse LUR vir menslike nedersettings en samewerkende regering, oorhandig.

“In die versoekskrif word onder meer gevra dat die snelweg beveilig moet word. Die versoekskrif sal binnekort aan die provinsiale wetgewer voorgelê word. Mnr. Philip van Staden, die VF Plus se LPW in die wetgewer, sal die saak debatteer.

“Beide Midvaal se burgemeester, Bongani Baloyi, en Mashatile het gedurende die 2016-verkiesing die gemeenskap mislei omdat hulle nie die stadsbeplanning-ontwikkelingsproses rondom die bou van HOP-huise aan die publiek verduidelik het nie.

“Die DA en ANC buit onkundige kiesers uit en maak onrealistiese beloftes. Nou word die skuld oor en weer geskuif. Partypolitiek blyk die oorsaak van die probleem te wees en word vererger deur ʼn ontoereikende polisiediens.

Die VF Plus is in die proses om regsadvies in te win om aksie teen die polisiediens te neem.

“Die ontplooiing van die Rooimiere deur die burgemeester blyk ook onregmatig te wees en sal deur die Openbare Beskermer (OB) ondersoek moet word.

“Dit is betreurenswaardig dat vals beloftes tot lewensverlies lei en miljoene rande se skade aan privaat eiendom veroorsaak. Politieke leiers moet verantwoordelik gehou word vir die nagevolge van hul besluite,” sê Hoffman.

Related Articles

Back to top button