NewsNews

Twee bakkies in hoofstraat gesteel

Twee bakkies is die afgelope naweek in Parys se hoofstraat gesteel by ’n restaurant en kuierplek onderskeidelik, ten spyte daarvan dat daar heelwat beweging en motorwagte was. Vrydagmiddag laat is ’n Hilux bakkie gesteel en Saterdagmiddag tussen 12:00 en 13:00 ’n Toyota Landcruiser. * Ná die arrestasie van ’n vermeende bankkaartdief vroeër, het die diefstal …

Twee bakkies is die afgelope naweek in Parys se hoofstraat gesteel by ’n restaurant en kuierplek onderskeidelik, ten spyte daarvan dat daar heelwat beweging en motorwagte was. Vrydagmiddag laat is ’n Hilux bakkie gesteel en Saterdagmiddag tussen 12:00 en 13:00 ’n Toyota Landcruiser.
* Ná die arrestasie van ’n vermeende bankkaartdief vroeër, het die diefstal van bankkaarte by kitsbanke in die dorp drasties afgeneem, maar waarsku die polisie dat mense steeds baie versigtig moet wees wanneer van die dienste by kitsbanke gebruik gemaak word. Moenie toelaat dat iemand jou aandag aftrek nie, en moenie die kitsbank gebruik wanneer daar geen ander kliënte of beweging is nie.
*Inbrake by besighede in die nywerheidsgebied waar veral kluise oopgebreek word, bly  ’n  kopseer. Die afgelope maand is vier gevalle  gerapporteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button