NewsNews

Ngwathe besluite steeds ’n raaisel

Opposisiepartye in die Ngwathe raad is steeds in die duister oor wat besluit is op 5 Oktober tydens by  wat bestempel word as ’n  “onwettige” vergadering. Volgens rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus bly hul vrae steeds onbeantwoord, desnieteenstaande die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, se ongekwalifiseerde onderneming om die notule van …

Opposisiepartye in die Ngwathe raad is steeds in die duister oor wat besluit is op 5 Oktober tydens by  wat bestempel word as ’n  “onwettige” vergadering.
Volgens rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus bly hul vrae steeds onbeantwoord, desnieteenstaande die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, se ongekwalifiseerde onderneming om die notule van die vergadering teen 21 Oktober aan raadslede beskikbaar te stel.
DA raadslid Poloko Molaphene, wat namens die party se koukus ook aangedring het op ’n notule, is ewe in die duister.
Ook hy het, ten spyte van ‘n soortgelyke onderneming van die munisipale bestuurder, nie die beloofde dokument ontvang nie.
Rdl. Van der Merwe het Maandagoggend sterk protes by die munisipale bestuurder aangeteken oor die verbreking van sy belofte. “Your promises, like those of the Speaker and Mayor that the Standing Rules of the Council will be adhered to, appears to be nothing but empty words blowing in the wind somewhere” skryf hy.
Op 10 Oktober het mnr Kannemeyer aan rdl. Van der Merwe geskryf: “…. you shall have the minutes by no later than 21 October 2017.”
“Totdat die notule beskikbaar gestel is en ek weet wat presies die Raad op die “onwettige” vergadering besluit het, kan ek ook nie finaal besluit of ek moet voortgaan met die beoogde hofaansoek om die besluite van 5 Oktober ter syde te laat stel nie” sê Van der Merwe.

* Mnr. Kannemeyer is tans met verlof en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button