NewsNews

Twee sestigjariges op kleinhoewe aangeval en gemartel

Twee mans, beide in hul 60’s, is Sondagaand 22 Oktober op hul plot in Elandsfontein, naby De Deur, deur vier mans oorrompel, vasgebind en gemartel. Mnre. Hans Nothnagel en Frik Grobler het ondersoek gaan instel toe die honde vreeslik begin blaf het, maar het niks vreemd opgemerk nie. Hulle is weer terug in die huis …

Mnre. Hans Nothnagel en Frik Grobler het ondersoek gaan instel toe die honde vreeslik begin blaf het, maar het niks vreemd opgemerk nie. Hulle is weer terug in die huis en het ‘n program op KykNet klaar gekyk, toe die honde weer begin blaf.

Hulle is na buite, waar hulle deur vier mans oorval is. Hulle is in die huis teruggedwing, waar hulle onderskeidelik in die kombuis en slaapkamer vasgebind is. Die rowers het op kontant en vuurwapens aangedring wat daar nie was nie.

Die rowers het hulle daarna met enigiets wat hulle in die hande kon kry, geslaan en geskop. Selfs die honde het deurgeloop. Hulle het daarna alles in die huis omgekeer en met die televisie, radio’s, selfone, juweliersware en selfs kruideniersware gevlug.

Nadat die mans weg is, kon mnre. Nothnagel en Grobler hulself loswikkel en hulp ontbied. Hulle is na die Germiston-hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie se forensiese span het die toneel vir vingerafdrukke en leidrade gefynkam, maar volgens inligting is niemand nog in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button